Yvette Montalbano van Sunward Park in Boksburg sê sy het lank en hard gedink en glo die EFF, waar sy vandeesweek aangesluit het, die beste toekoms vir haar en haar kinders kan gee. Sy is oortuig sy sal in vanjaar se verkiesing vir Julius Malema se party stem.
Tito Mboweni se gunstelinghotel in die Magoebaskloof moes amper 90% van sy swart werknemers sonder betaling huis toe stuur omdat die wit eienaar nie vir die regering se finansiële hulpskema kwalifiseer nie.
#SondagInRapport
Boerderye wat “te wit” is, gaan voortaan nie meer toegelaat word om na Brittanje en die Europese Unie (EU) uit te voer nie, ingevolge nuwe regulasies wat die regering stil-stil ingestel het.
’n Oos-Randse sakeman en sy gesin sê hulle leef in vrees sedert die polisie verlede Vrydag by hul huis en sakepersele ingestorm het vir ’n skynbaar ongegronde (en uiteindelik vrugtelose) klopjag.
By die nuwe Sol-Tech-kampus in Monumentpark, Pretoria, timmer en sweis 1800 ambagstudente vir hulle ‘n toekoms oop. Dié nuwe kampus sê vir jong mense daar’s vir julle werk, ’n toekoms in Suid-Afrika, sê Paul van Deventer.
@solidariteit
@SolidariDirk
#SondagInRapport
On Wednesday the
@MYANC
accused Rapport of peddling misinformation and dividing the nation. The
@SAEditorsForum
today issued a statement expressing its concern about the ANC's attack on Rapport.
Full text below.
André de Ruyter se bewerings oor korrupsie by Eskom is gegrond op ‘n wydlopende private ondersoek wat die afgelope maande met befondsing van donateurs gedoen is. Nie een nie, maar twee kabinetslede, word glo by die ondersoek betrek.
“Moenie dat ander ouens vir jou vertel dis nie great om ’n Afrikaner te wees nie. Ek is onbeskaamd trots daarop,” sê Louis van der Watt, uitvoerende hoof van die eiendomsontwikkelaars Atterbury wat die Mall of Africa gebou het, aan Hanlie Retief in Sondag se Rapport.
Schalk Coetzee en sy vrou, Lana, is geskop, geslaan en met kookwater gemartel, maar dít gaan hulle nie keer om weer te boer nie. In môre se Rapport. Foto: Elizabeth Sejake
Rainer Dixel (82), ‘n afgetrede meganiese ingenieur wat vroeër vir ‘n vulstasie slaggate reggemaak het, het besluit om ook sy straat in Bryanston se gate met koue asfalt te vul.
Moet regslui en joernaliste en die familielede van 'n man wat doodgeslaan is deur soldate hul kritiek op Cyril Ramaphosa temper omdat die regering weet wat die beste vir ons is en maar net hul bes probeer?
Twak, skryf Waldimar Pelser.
Teen die tyd dat Alex Nortjé 14 jaar oud was, was hy die enigste lid van sy huisgesin wat oor was, nadat sy pa, ma en ouboet hul eie lewens geneem het. En op 17 het die swart hond gedreig om hom ook te verskeur. En nou spog hy met 'n matrieksertifikaat en gróót toekomsdrome.
“Ek wil f*kken president word in 2024! Watch my!” Sê die eksbandiet en Patriotic Alliance-leier Gayton McKenzie aan Hanlie Retief.
@GaytonMcK
@VotePA_SA
Alle kospakkies moet deur die staat nagegaan word omdat "ons moet weet die mieliemeel het nie wurms in nie", sê Thabiso Hlongwane, woordvoerder van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling, aan Hanlie Retief.
#SondagInRapport
Vyf jaar terug, toe Gerrie Nel by AfriForum aangesluit het om hul private vervolgingseenheid te begin, is daar wyd gesê hy gooi sy briljante loopbaan as staatsaanklaer weg. Hy het destyds vir Rapport gesê: “Kom praat met my oor vyf jaar, ek sal almal verkeerd bewys.”
Hanlie Retief: Terwyl die res van ons oor Kersfees trifle ingeskep het, het Dillon Henwood, ’n jong onderwyser van Elsiesrivier, elke oggend pap uitgedeel aan 400 honger skoolkinders. Dit het begin toe hy ontdek ‘n seun in sy klas het vier dae laas iets geëet.
#SondagInRapport
Frans Cronjé sê sy pa Ewie “het nie kleur geken nie” en die eerste taal wat hy kon praat was Sesotho. Rapport groet oom Ewie: “tsamaya hantle ntate Ewie!’ Dit beteken ‘Mooiloop oom Ewie.”
#SondagInRapport
Die regering mag jou dalk nog verbied om aan te sit in ’n restaurant, maar tientalle Pretorianers wys nou daagliks dat geen wet of regulasie hulle van ’n stuk restaurantkoek gaan weghou nie.
#SondagInRapport
Die PA wil ná die verkiesing ’n nasionale regering saam met die ANC vorm. Gayton McKenzie, PA-leier, het dié onthulling gemaak in ’n ontmoeting met ’n DA-raadslid in Saldanhabaai wat hy vir sy party wou werf.
Dit verg fyn beplanning om ‘n koerant saam te stel met vars nuus oor ‘n rugbytoets wat eers ná ons gewone spertyd afskop. Maar by Rapport het ons die uitdaging aanvaar en daarom kan jy dié naweek alles lees oor die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi.
@geordinhl
, Kaapstad se energieke jong burgemeester, wil wys dat Suid-Afrika, en Kaapstad, nie net ‘n trurat het nie. “Wentel die magte af na plaaslike regerings, sodat ons die land stuk-stuk kan regruk,” sê hy vir Hanlie Retief.
#SondagInRapport
Die nuwe Bok-ster Edwill van der Merwe skryf sy kroning as Speler van die Wedstryd in sy Bok-debuut op Twickenham daaraan toe dat hy "net myself kon wees, na twee weke van wonderlike voorbereiding in die Springbok-kamp".
“Ek lewe daarvoor om misdaad te beveg. Dis my passie.” Waal de Waal was die meesterbrein agter die ontsetting van ‘n chroommyn in Noordwes wat vir ‘n jaar lank deur kapers onwettig gemyn is.
#SondagInRapport
’n Buitelander wie se klerewinkel Woensdag in Bellville deurgeloop het toe die polisie tydens ’n klopjag beslag gelê het op vervalste goedere, beweer een van die polisielede het ’n sak vol banknote uit haar kasregister gesteel.
André de Ruyter se bewerings oor korrupsie by Eskom is gegrond op ‘n wydlopende private ondersoek wat die afgelope maande met befondsing van donateurs gedoen is. Nie een nie, maar twee kabinetslede, word glo by die ondersoek betrek.
Van Valsbaai in die Kaapse skiereiland tot strande in die Suid-Kaap het gister deurgeloop onder die toorn van Moeder Natuur. Branders het geboue en brûe in verskeie kusdorpe oorspoel en in minste twee gevalle is motors deur die golwe meegesleur.
Die ma van ‘n jong meisie wat glo vier jaar gelede deur die verdagte in die Deveney Nel-moordsaak verkrag is, sê die staat het sy plig versuim. Sy vertel in ‘n hartroerende onderhoud hoe haar dogter altyd wou verhinder dat dieselfde lot iemand anders tref.
Jan-Jan Joubert het gaan uitvind hoe 'n grensdraad van R37 miljoen opgerig is al is dit nie 'n grensdraad nie en al hou dit geen mens of virus uit nie.
#SondagInRapport
Drie jaar en sewe maande ná die Suid-Afrikaanse verdedigingsgroep Milkor die eerste aanstelling gemaak het vir sy Milkor 380-projek, het dié grootste hommeltuig wat nóg in Afrika gebou is verlede maand die eerste keer opgestyg en weer veilig geland.
Na 31 jaar by Eskom is dit Sondag Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, se laaste werkdag. Die afgelope vyf jaar was die uitdagendste jare van sy lewe, sê Oberholzer. Hy moes selfs lyfwagte kry ná doodsdreigemente, vertel hy aan Hanlie Retief.
Jy met jou swart skermpie op Facebook, Twitter en Insta: Laat dit jou beter voel oor George Floyd se dood? En Collins Khosa? En Sibusiso Amos, Petrus Miggels, Adane Emmanuel en Ntando Sigasa?
Sonja Loots op haar beste.
#SondagInRapport
11 Julie is ‘n groot dag vir
@flip_buys
, hoof van
@SBeweging
. Sy eerste kleinkind word gebore en hy is ‘n kwarteeu hoof van dié beweging wat vanjaar sy 120ste bestaansjaar vier.
#SondagInRapport
Gayton McKenzie, die minister van sport, kuns en kultuur, het vanmiddag die treinstelsel gebruik wat ondersteuners môre na Ellispark sal neem. Ondersteuners kan met die Gautrein tot by Parkstasie ry, waarna hulle op hierdie trein na Ellispark kan klim.
@hendrikcronje71
@johann_jt
Tito Mboweni se gunsteling-hotel in Magoebaskloof moes amper 90% van sy swart werkers sonder betaling huis toe stuur omdat die wit eienaar nie vir staatshulp kwalifiseer nie.
Van ’n boerklong in Balfour tot ’n wit brigadier-generaal in die post-’94-weermag wat praat by die begrafnis van die laaste oorlewende Rivonia-verhoorde.
#SondagInRapport
Kleinboere in Gauteng gee honger mense nie vis nie, maar leer hulle visvang. Hier is die hoofboer in die projek, Tim Abaa. Foto: Martin De Kock / MDK Africa
#SondagInRapport
Afriforum stel sy visier daarop om klein kernreaktors na Suid-Afrika te bring om die kragkrisis die hoof te bied.Intussen wek vier Vrystaatse dorpe genoeg sonkrag op om hulle van die meeste beurtkrag te vrywaar – maar Eskom dring aan om hulle in die donker te hou.
Daar het reeds 17 maande verloop sedert die Suid-Afrikaanse gholfikoon Gary Player se vrou, Vivienne, in Amerika in sy arms gesterf het - en steeds raak hy nie gewoond daaraan om soggens sonder haar wakker te word en snags in 'n leë bed te klim nie.
Hanlie Retief gesels met Carel van Heerden, ridder/redder van Koster se water- en rioolwerke. Hy en die inwoners van Koster het nou die dorp se watersuiwering- en rioolaanlegte tydelik oorgeneem. Hoekom? “Want ek kan ongeregtigheid nie verdra nie.”
#SondagInRapport
Terwyl Suid-Afrika Israel voor die Internasionale Geregshof van volksmoord beskuldig, het pres. Cyril Ramaphosa die afgelope week glimlaggend vir foto’s geposeer saam met ’n Soedanese para-militêre leier wat van ernstige menseregtevergrype beskuldig word.
’n Vyfjarige seuntjie is só getraumatiseer nadat hy en sy ma vir drie nagte in ’n polisiesel aangehou is dat hy begin hakkel het. Ná drie dae in die selle saam met ander verdagtes is hulle vrygelaat sonder enige verduideliking of verskoning. Lees môre meer hieroor in jou Rapport.
Die stout seun van Springbok-rugby, Elton Jantjies, is al weer in die sop. Dié keer oor ‘n gefuif met ‘n vrou voor die toets in Mbombela en ‘n gastehuisrekening van derduisende rande.
Die appèlhof het die definisie van haatspraak Vrydag ongrondwetlik verklaar waarvolgens selfs ‘n belediging teen die wet was.
Lees wat die implikasies is vir ander haatspraaksake, waaronder die saak teen die Bokslot Eben Etzebeth.
#SondagInRapport
@Netwerk24
Die Valke-held lt.kol. Joe Coetzer (55) wat sy regterbeen weens ’n transitorower se koeël verloor het, het Vrydagaand sy krukke neergesit en self verhoog toe gestap om ’n spesiale eerbewys te ontvang.
'n Wrede oorlog het dié dokter gereed gemaak vir die taak wat hy vandag in Suid-Afrika verrig. Lees Hanlie Retief se volle onderhoud met dr. Emmauel Taban Sondag in Rapport.
As daar één ding is waaroor daar nasionale konsensus is, het Songezo Zibi die afgelope jaar geleer, is dat Suid-Afrikaners presies weet wat verkeerd is in die land. Hy vertel aan Hanlie Retief dat die ANC se eie vryheidsmanifes sê Suid-Afrika behoort aan almal wat hier bly.
Dis so reg uit ‘n Schuster-moewie, vertel
@MathysRoets
aan Hanlie Retief: Toe sy kar skemeraand in die middel van die Karoo breek, daar’s g’n selfoonsein nie, met net sy K-Way-donsbaadjie om nie te verkluim nie en twee rolstoelwiele om mee hulp te gaan soek.
#SondagInRapport
Toe
@RobbieKruse
aan die begin van April by
@zarsg
se deure instap was dit sy Springbok-oomblik: “Ek kry nie vlinders in my maag nie, nooit nie, maar toe ek daai dag begin uitsaai op RSG toe voel ek dit. Dit het amper by my mond uitgekom.”
Ingrid Paulus vertel hoe sy leer kop oplig ná die skriknuus dat 7de Laan, die geliefde sepie wat nou al ‘n instelling in Suid-Afrika is, in Desember eindig. Ná amper 24 jaar groet sy haar karakter Vanessa. Dit laat haar bewe, maar sy is ook ‘n bietjie opgewonde.
“Verandering begin by ons. As burgers van hierdie land moet ons die verandering dryf. Ons het die vermoë, die wil, die vaardighede.
Hierdie land behoort nie aan die regering nie, dit behoort aan jou en my en 65 miljoen ander Suid-Afrikaners,” sê dr Imtiaz Sooliman.
Gewoonlik hou herstelwerk aan grassnyers Suzan Modjadji dié tyd van die jaar baie besig by haar onderneming in Randburg, maar nou het sy haar hande – en haar werkwinkel – vol met huiseienaars se kragopwekkers wat vinnig herstel moet word.
Die polisie was drie keer by hul dogter se roudiens om seker te maak hulle handhaaf fisieke afstand, maar twee maande later wag ’n bedroefde ouerpaar steeds dat iemand verantwoordelikheid aanvaar vir haar dood. Foto: Elizabeth Sejake
Ontmoet die nuwe adjunkspeaker in die parlement, dr. Annelie Lotriet van die DA. Met haar gaan die politici in die rooi oorpakke in die parlement hul moses teëkom. En dis nie ‘n belofte nie, dis ‘n feit, sê sy.
Steun vir die inperking in SA het skerp gedaal na slegs 42%, wys 'n omvattende landwye peiling wat gedoen is vir Rapport en City Press. Alle bevindings Sondag in Rapport, City Press en in ons e-koerant en tuisblad op
@Netwerk24
.